top of page
Search

Vermy Kamp Krampe: Tent Sorg Wenke

Updated: Aug 10, 2024

Hier volg ons karavaan tent sorg wenke:





Aluminium Pole Spigot
Buy Now


1. Neem jou tyd om die tent op en af te slaan sodat die materiaal nie beskadig word nie Moenie 'n gat poke met ‘n paal nie, onthou rëen love gate in jou tent.



2. Plaas ‘n grondseil onder jou tent. Probeer om nie bo op klippe en stokke op te slaan nie. Dit slaap ongemaklik en beskadig jou tent se bodem.




3. Ligging, ligging, ligging. Om saam met die familie te kamp moet soos warm koffie voor ’n kampvuurtjie proe. As jy nie daarvan hou as jou tent rond dans in die wind nie, moet nie op ‘n heuwel kamp op slaan nie. En ook nie in ‘n ditch tydens die rëen seisoen nie, behalwe as julle ‘n private pool verlang.



Canvas Cleaner 730ml
Buy Now

4. Berei jouself voor vir ‘n winderige avontuur. Maak seker jou grondseil en tent se vier hoeke asook die seil kante is goed vasgepen. Bring maar ‘n paar ekstra penne en toue saam. Span jou toue met tendpenne met vere aan sodat ruk winde nie jou tent panele skeur nie.

Duct Tape is jou maatjie wanneer dit kom by tent gaatjies skeure. Gooi altyd ‘n rol in jou nood tas.



Tent Spring 165x24
Buy Now



5. Vermy die rëen tranedal. Silver seile is jou antwoord. Hulle is nie net bekostigbaar nie maar ook ‘n lifesaver. Maar daar is talle canvas seëlaars beskikbaar warmee jy jou tent se some kan sëel. Kerswas is ‘n goeie alternatief.



Indien jy ‘n Ripstop canvas tent besit is ‘n Ripstop sealant ‘n uitstekende manier om nuwe lewe vir jou tent te gee. Dit is ‘n verf basis tipe sëelaar en dit kan bestel word in jou tent se kleur. Sodoende kan die tent se some of die hele tent geverf word.





6. Boom sap is ‘n D***. Hier is ‘n paar handige wenke om boomsap van jou tent af te kry.

Begin deur ‘n ysblokkie op dit te vryf. Wanneer die sap van die koue hard geword het, probeer om dit af te peul vanaf jou tent. As dit nie werk nie, plaas bruinpapier op beide kante van die tent en stryk bo oor dit. Die warm sap behoort dan van die tent na die bruinpapier oor te dra. Laastens, maak die tent skoon met ‘n sitrus basis skoonmaakmiddel en laat dit lugdroog word.





7. Ritsluiters. Koop sommer by ‘n hardeware winkel vir jou ‘n bottle Silicone Spray. Spuit al die ritse na elke uitstappie asook elke 6 maande. Dit maak dat die rits se glysluiter nie vas haak nie asook dat al die tandjies mooi inmekaar hak. Moet asb nie Q20 of ‘n vetterige smeermiddel aanwend nie, stof klou daaran vas en sal jou ritsluiter beskadig.


Pro Wenk: As jy jou karavaan tent na ‘n seil werkwinkel neem vir herstel. Vra eers dat hulle die glysluiter vervang voordat hulle die hele lengte rits vervang. Die glysluiter werk gewoonlik vinnig uit en dit is die grootste rede waarom die rits ophou werk. En dit beteken meer geld in jou sak aangesien dit baie goedkoper is.







8. Mif Merke. Spuit jou karavaan tent met gedistilleerde wit asyn op die mif merke. Wanneer dit droog is, was jou tent met seep water met ‘n tandeborsel. Mif word veroorsaak deur vog. Maak altyd seker jou tent is kurk droog voordat hy opgeslaan en weggebêre word.

Indien julle nie gereelde kampers is nie, haal jou tente gereeld uit die stoor sodat hulle suurstof kan kry om mif te voorkom.


Daarsy! Indien jy enige ander puik tips het, deel graag met ons hier onder.


Laai jou gratis kamp paklys af hieronder:



Ground Sheet Peg
Buy Now

 
 
 

Comments


bottom of page